Oud-Spaanse skrifte

’n Inskripsie met die Grieks-Iberiese alfabet.

Die Oud-Spaanse skrifte is die skryfstelsels wat op die Iberiese Skiereiland gebruik is voordat die Latynse alfabet die algemeen aanvaarde skrif geword het. Die meeste van hulle was ongewoon omdat hulle halflettergrepig was eerder as ware alfabette, hoewel hulle uit die Fenisiese alfabet ontstaan het.

Die skrifte is sover bekend sedert die 5de eeu v.C. gebruik – moontlik van die 7de eeu v.C. af – tot aan die einde van die 1ste eeu v.C. of die begin van die 1ste eeu n.C. Dit was die hoofskrif vir die Oud-Spaanse tale. Sommige navorsers meen die Griekse alfabet het ook ’n invloed op die skrifte gehad.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy